Senwes Grainlink is top fiks vir die inname van die grootste mielieoes ooit!!




Senwes Grainlink Silobedryf ondersoek deurlopend nuwe tegnologie en optimaliseer huidige bates en prosesse om deur doeltreffende bestuur vir Senwes se klante ’n vinniger en doeltreffender diens te lewer. Uit navorsing wat Senwes gedoen het onder klante het die volgende boodskap duidelik uitgekom: “Ons wil graan vinniger aflaai en ook graan teen ’n hoër vogpersentasie lewer.” Hoe vinniger produsente graan kan lewer, hoe vinniger hul omdraaityd, hoe vinniger kan hulle aan die mark deelneem en hoe vinniger verloop hul strooptyd.
 
Kritieke silo’s is geïdentifiseer en daar is strategieë geïmplementeer om die silo’s se innametempo te verhoog. Dit het die bottelnekeffek verminder, die vloei van vragmotors bespoedig en, indien nodig, sal ’n bykomende padweegbrug geïnstalleer word. Die silo se in- en uitweegtempo is dus met dié proses verhoog. Die verkorte omdraaityd en egalige vloei ondersteun die produsent se stroopproses.
 
Die doeltreffende hantering en opberging van graan verg ’n wisselwerking tussen kennis, dissipline en baie belangrik, die regte aanwending van betroubare toerusting. Graandroërs en deurlugting word gebruik om graan te droog, te temper en af te koel. Dit stel Senwes in staat om die volgende aan sy klante te bied wat graan teen ’n hoër vogpersentasie wil lewer, teen geen koste:
 
  • Sonneblom met ’n vogpersentasie van tot 12%.
  • Sojabone met tot 14% vog.
  • Mielies met tot 16% vog.(sekere silo's reeds 18%) 
 
Senwes belê kapitaal in die instandhouding en tegnologiese ontwikkeling van sy infrastruktuur en verseker dat hantering en opberging ’n diens is wat waarde toevoeg vir die klant.
 
2017 Oesjaar
2017 is 'n uitsonderlike jaar en ‘n 15,63 miljoen ton mielieoes (volgens die Nasionale Oesskattingskomitee) bring baie uitdagings, onder andere voldoende opbergingskapasiteit, die tempo van die in- en uitweegproses en inname van graan met ‘n hoër vogpersentasie. 
 
Die groot oes plaas druk op Senwes se opbergingskapasiteit en veral in gebiede waar die opbrengs baie meer is as die gemiddelde langtermynopbrengs.
 
Senwes Grainlink het egter vroegtydig silogebiede geïdentifiseer waar opbergingskapasiteit onder druk sal wees en is ekstra opbergingskapasiteit geskep in die vorm van silosakke en bunkers by sekere silo’s.
 
Hierdie ekstra kapasiteit is geskep by: Wolwehoek, Rooiwal, Viljoenskroon, Vierfontein en Raathsvlei.
 
Vierfontein silo

Wolwehoek silo

Viljoenskroon silo

Verder skuif Senwes Grainlink graan na-ure na alternatiewe silo's om sodoende produsente te akkommodeer by silo’s so na as moontlik aan hulle produksie gebied.  
 
Ons wil dit graag weer bevestig dat betonbuise steeds die veiligste opbergingsmetode is en derhalwe word eers alle beskikbare kapasiteit in 'n spesifieke silo-omgewing benut voordat alternatiewe opberging opgerig word. 
 
Senwes Grainlink Marktoegang
Senwes Grainlink wil dan ook 'n verskil maak in die bemarkbaarheid van klante se graanprodukte en is daar 13 verskillende voorseisoenkontrakte beskikbaar waaruit 'n klant kan kies rakende die verskansing van sy graanbemarkingstrategie.
 
Senwes Grainlink het dan ook Basislink gevestig wat 'n aanlyn platform is en vir kopers van graan die geleentheid gee om op 'n gelyke en deursigtige basis mee te ding om graan by 'n spesifieke silo teen 'n spesifieke premie op 'n bepaalde tyd. Dit bied op sy beurt ook aan die produsent die geleentheid om sy graan by 'n spesifieke silo teen 'n spesifieke premie op 'n bepaalde tyd te verkoop.
 
Senwes Graanmakelaars spesialiseer in die verhandeling van afgeleide instrumente op die JSE. Hy lê hom daarop toe om die winsgewendheid van die produsent en eindverbruiker te verhoog deur kundige advies en die benutting van toepaslike strategieë vir alle mark omstandighede.
 
Senwes Grainlink Marktoegang is die antwoord op volhoubare langtermyn prysbestuur!
 
AgriRewards
Senwes wil dan ook sy lojale klante beloon oor die lang termyn en derhalwe is 'n AgriRewards lojaliteits bonusskema begin, wat reeds in werking is:
 
AgriRewards is ‘n uitgestelde bonusskema waar Senwes jaarliks 'n groot gedeelte van sy wins aan klante allokeer om hul te beloon vir lojale besigheid gedurende die jaar. Die bonus word in die vorm van kontant uitbetaal in die jaar wat die allokasie uitloop. Alle graanlewerings ontvang by Senwes silo's, kwalifiseer vir die bonus allokasie. 
 
Vir navrae, kontak gerus:
Pieter Malan, Uitvoerende Bestuurder: Grainlink, by 018 464 7395
Graham Lottering, Bedryfsbestuurder: Silobedryf , by 018 464 7625,
Wimpie Bouwer, Bestuurder: Grainlink Marktoegang, by 018 464 7695