Senwes Kersboomprojek sorg weereens vir pret en plesier

  • 13 November 2020
  • 1974
  • nuus



Die organiseerders het geen maklike taak gehad nie. Nie net moes hulle verseker dat daar aan die voorgeskrewe voorsorgmaatreëls voldoen nie, hulle moes ook seker maak dat dié joligheid van groot pret en plesier getuig.

So gesê, so gedaan.

Nuwe baadjie vir ʼn trotse tradisie

Vanjaar is die Senwes Kersboomprojek vir die 13de keer aangebied, en vanweë die koronaviruspandemie moes daar aan ʼn rits voorsorgmaatreëls voldoen word. Om dié rede is daar nie oudergewoonte een groot partytjie by Senwes se hoofkantoor gehou nie, maar eerder nege kleiner partytjies in Klerksdorp, Orkney en Viljoenskroon.

En wat is ʼn partytjie sonder Kersvader en geskenke?

Kersvader het op ʼn kleurvolle karnavalvlot sy verskyning by die meeste van die instansies gemaak en is luidkeels verwelkom, terwyl oud en jonk op die maat van opgewekte musiek gedans het. Sekere instansies kon, weens praktiese redes, nie met die vlot getrakteer word nie, maar is steeds bederf met geskenke en eetgoed. ʼn Rugsakkie gevul met lekkers en persoonlike sorgprodukte is aan elke van die ongeveer 600 partytjiegangers oorhandig.

Tussendeur die pret op die springkastele en waterwurms is daar heerlik gesmul aan boereworsrolle terwyl ʼn roomyskarretjie gesorg het vir ʼn ekstra (soet) lafenis teen die somerson.

Die vlot het vanaf 26 Oktober tot 4 November by die volgende instansies aangedoen:

  • SAVF Rethabile Kinderhuis
  • Daphne Lee Gemeenskapsorganisasie
  • Janie Schneider Skool
  • Manu Dei Skool
  • Khaya Tshepo Huis van Hoop 
  • Triest Opleidingsentrum
  • Voetlig Kinders
  • Viljoenskroon Jeugsorgsentrum
  • Atamelang Kinder en Jeugsorgsentrum

Projek getuig van deernis en naaste liefde

Volgens Elmarie Joynt, Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikhei, UIt, lê die sukses van dié projek opgesluit in die harte en positiewe gesindhede van elke deelnemende personeellid. Hierdie personeellede het nie net tyd saam met die kinders en versorgers spandeer nie, maar ook as toesighouers en helpers opgetree en so die boodskap van deernis en naaste liefde uitgedra.

Dit was veral die projekkomitee wat, volgens Elmarie, ʼn pluimpie vir hul harde werk verdien. Dié komitee, onder leiding van Jaco Steyn, het bestaan uit Sanmarie Schlebusch, Mariette Hugo, Linie van Staden en Hannetjie Burger.

Hartlike dank aan borge

Senwes en Thobo Trust bedank graag die volgende borge vir hul ondersteuning: Bosveld Slaghuis, Kingsley Klerksdorp, MJ Jump n Slide, Frans Joubert, NTL Traders Klerksdorp, Absa Bank Johannesburg, Bastion, Ben Botha, Brandbar (Pty) Ltd Pretoria, Certisure, Chané Pretorius, CSS Sekuriteit Klerksdorp, Datacentrix Midrand, Degesch South Africa Isando, Elmarie Weyers, Elsie Botha, Falcon Agricultural Equipment, Guttera Tours, Henriette Rainsford, Hettie Slabbert, Hinterland, Hinterland Fuels, ITR Technology, Jenny Harmzen, Jac N Coetzer Afslaers, Liberty CroisFin Kroonstad, Nedgroup Investments Kaapstad, Oasis Water Klerksdorp, @Office World Klerksdorp, Old Mutual Pinelands, Orkney Refrigeration Services Orkney, Perfect Water Klerksdorp, Pure Water & Juice Distributers Klerksdorp, Senwes Credit, Senwes Equipment, Senwes Grainlink, Spar Baillie Park Potchefstroom, MCC Spar Klerksdorp, Sizabantu Piping Systems Klerksdorp, Staalmeester Agricultural Equipment Hartbeesfontein, Thuso Graan Wesselsbron, Tip Top Group Klerksdorp en Vaal Maseru Busdiens.