Voorbereiding vir die komende seisoen




Maar wat ’n gemoedsrus dat u dit kan doen met die Senwes Equipment span altyd daar om u by te staan met die nodige toerusting, insette, diens en bystand wat u kan benodig vir ’n suksesvolle plantseisoen. Senwes Equipment ontwikkel tans ’n hele paar produkte om u as klant in die posisie te stel om met die nodige gemoedsrus en kwaliteit diens wat ons u bied, die komende seisoen in te gaan met die versekering dat alles in plek is.

Senwes werkswinkelinspeksieprogram

Ons is tans besig met die ontwikkeling van ’n inspeksieprogram – ’n eerste in landbou. U masjien word deurgegaan volgens ’n 150-punt volledig getoetste en vooropgestelde program teen ’n baie redelike fooi. Die voordele wat ons u as klant bied, is gemoedsrus, deur verseker te weet u masjien gee u die nodige “up time” wat u benodig, ’n positiewe groei in u masjien se waarde en masjiene kan regdeur die jaar geïnspekteer word. ’n Volledige kwotasie word voorsien om al die moontlike probleme wat u masjien mag hê, proaktief op te los. Onnodige staantyd in seisoentyd word verhoed. U masjien word deur ’n John Deere gekwalifiseerde tegnikus deurgegaan en die inspeksie kan op u plaas gedoen word. Kwaliteit diens is te alle tye beskikbaar by u naaste Senwes werkswinkel.

John deere powergard

 Nog ’n eerste en nuwe produk is die John Deere PowerGard verlengde waarborg wat ons in samewerking met John Deere aan u bied. Die produk is ’n verlengde waarborg wat u saam met u masjien kan finansier. Die verlengde waarborg wat ons dan op die verskillende masjiene bied, is van 1 tot 5 jaar en ook tot en met 5000 uur. Verskillende pakkette is teen verskillende pryse beskikbaar op al ons John Deere masjiene. U masjien se waarde word positief beïnvloed teen ’n minimale prys. U kan nou ’n verlengde waarborg op al u John Deere masjiene bekom om te verseker u masjien bly aan die loop met gewaarborgde John Deere onderdele en opgeleide vakmanskap.

Senwes equipment diensplan

En dan, waarvoor almal so lank gewag het, die diensplan wat u saam met u nuwe John Deere produk kan finansier om te verseker dat die dienste van u nuwe masjien vir ’n termyn van 3 jaar of 3 000 uur deur Senwes gedoen word. Die diensplan is beskikbaar vanaf ons 5000, 6000, 7000 en 8000-reeks trekkers tot ons vlagskip 9000-reeks, asook op alle selfaangedrewe John Deere produkte wat u sou aankoop. Dit stel u in staat om u finansiële uitgawes beter te bestuur en moontlike onnodige uitgawes te beperk. Die plan word deur Senwes self bestuur en deur u naaste Senwes werkswinkel uitgevoer in die gerief van u eie plaas met alle moontlike dienskoste gedek. Dit dan in kort die nuwe produkte wat Senwes Equipment u bied om te verseker dat daar na u nuwe masjiene omgesien word en dat die elke masjien ten volle benut word, met die wete dat u ongekende gemoedsrus sal ervaar in die hande van u Senwes Equipment span. Baie sterkte vir die plantseisoen wat voorlê en skakel gerus u naaste Senwes werkswinkel of heelwerktuigbemarker om onnodige teleurstelling te voorkom.