Watter impak het die laat reëns op jong mielies?




“‘n Mielieplant het ‘n sekere hoeveelheid vog nodig om deur al die fisiologiese prosesse tot pitvulling te kom en daar is sommige distrikte, veral aan die weste kant, wat nog nie eers die helfte van hul jaarlikse gemiddelde reënval ontvang het nie. ‘n Tekort aan vog gaan veroorsaak dat die mielieplant nie daardie finale proses kan voltooi nie, wat ‘n laer opbrengs tot gevolg het en wat baie nadelig vir landbou in SA is,” sê Grobbelaar.