Agri SA verwelkom Minister se voorneme om saam met georganiseerde landbou te werk

  • 18 Julie 2019
  • 2642
  • press-release



Die President van Agri SA, Dan Kriek, het die toespraak bygewoon en het die fokus op vennootskappe, landbou-finansiering, die kommersialisering van swart boere en die produktiewe gebruik van grond, verwelkom.
 
“Dit is ook positief dat die Minister die belangrikheid van etiese gedrag, die nodigheid om instellings te versterk, die probleme met kommunale eiendomsverenigings en die nodigheid vir ’n groter fokus op bio-sekuriteit, erken het,” sê Kriek.
 
Agri SA is ten nouste betrokke by prosesse om ’n ontwikkeling-finasieringsmodel daar te stel. Kriek het ’n beroep op die Minister gedoen om saam met die privaatsektor in die saak te werk. 
 
“Wat die Minister egter nie genoem het nie, is die vraagstuk oor beleidonsekerheid rakende eiendomsreg. Die landbousektor het beleidsekerheid dringend nodig.”
 
Kriek het opnuut Agri SA se verbintenis tot ’n inklusiewe, vooruitstrewende en globaal-mededingende landbousektor, bevestig. 
 
Navrae:
Dan Kriek
Agri SA President
(S) 082 944 0566
 
Annelize Crosby
Agri SA Beleidshoof: Grond
(S) 082 388 0017