In die volgende Scenario




Met die het Senwes se Kersboomprojek ook hul 11de jaar vanjaar gevier waar hulle ‘n ware Kersparty vir meer as 600 behoeftiges van 10 instansies in Klerksdorp aangebied het. Dit is dan ook in 2019 dat Senwes op 15 Mei ‘n hele 110 jaar oud word. Een van die oudste landboumaatskappye daar buite!

Ons skop die nuwe jaar dan ook op ‘n hoë noot af met die 110-jaar Senwes Ekspo wat reeds op 29 en 30 Januarie by Nampo Park plaasvind. In terme van innovering fokus ons op die Toekomstige Ontwikkeling in Landboutegnologie asook Vertikale Boerdery om meer voedsel te produseer met minder hulpbronne.

Dan word die kollig op plaasaanvalle geplaas met ook ‘n spesiale fokus op die Agri SA kongres met Senwes, NWK asook OFM radio wat gesamentlik R345 000 aan die Agri Securitas Trustfonds oorhandig het. Senwes steun ook AgriSekuriteit waar die jaarlikse NWK Agri Securitas Senwes Gholfdag by Pecanwood Ghollandgoed plaasgevind het.

In terme van top produsente val die kollig vierkantig op Raymund de Villiers wat onlangs die Hinterland Nasionale Interras Bulkampioenskap ingepalm het tydens die 2018 Alfa Ekspo by Parys. Nog ‘n Senwes produsent Gielie Nieuwoudt is die Nuwe RPO voorsitter in die Vrystaat. Welgedaan manne!

Met Senwes wat 110 jaar vier fokus ons ook op Hartbeesfontein Boerevereniging wat onlangs hulle 90ste verjaardagvieringe gevier het na hulle eerste Jaarvergadering wat in 1928 plaasgevind het.

Tegnolgie vier ook hooggety in die jagrubriek met: Hoe kan Tegnologie my skiet verbeter? Nog artikels is die tweemaandelikse graanmarkvooruitsigte en graanmakelaarsartikels asook ons immergewilde geloofsartikels.

Lees hierooor en nog baie meer in die Desember 2018/ Januarie 2019 uitgawe van Senwes Scenario wat jy eersdaags in die pos sal ontvang. Indien jy nog nie ingeteken het nie, kliek hier