Nasie in Gesprek is weerens by Nampo Kaap, 4-6 September 2019

  • 29 Augustus 2019
  • 2642
  • press-release



Natuurlik sal Suid-Afrika se voorste landbougespreksprogram, Nasie in Gesprek weer - soos verlede jaar - daar wees om besprekings oor brandpunte in landbou aan te bied. Van die sektor se invloedrykste denkleiers sal deel wees van die paneelbesprekings, gefasiliteer deur Theo Vorster.

Nampo Kaap word aangebied deur Graan SA, en dié skou is die susterskou van Nampo Oesdag wat jaarliks in Bothaville in die Vrystaat gehou word.

Ervaar Nasie in Gesprek asof jy in die ateljee sit met regstreekse uitsendings en intydse menings tydens paneelbesprekings. Die toepassing bied jou ook die geleentheid om op hoogte van landbousake te bly met die nuutste persverklarings en inligting rakende uitsaaitye, paneelgaste en onderwerpe. Laai nou die Nasie in Gesprek toepassing af, beskikbaar vir Apple- en Android-toestelle by http://fwd2.co/app



Nasie in Gesprek word met trots aangebied in samewerking met ons vennote: - AFGRI, Bayer, JDI, John Deere, Nedbank, Overberg Agri, Senwes, Graan SA en Motus Isuzu.

Vir navrae:

Niel Saayman – niel@brepublic.co.za / 082 549 8494
Ronel Botha – ronel@brepublic.co.za / 082 875 3914
(Brand Republic, vervaardigers van Nasie in Gesprek)