Noordwes Universiteit Presisieboerdery-Kongres 2019




Produsente, landboukundiges, landboubesighede, landboukundiges en studente word uitgenooi om die gebeurtenis by te woon wat fokus op die nuutste ontwikkelings en toepassings in presisieboerdery. Die temas wat behandel gaan word sluit in die ekonomie van presisieboerdery, presisieboerdery in die praktyk, die klimaat- en landbou-ekonomiese vooruitsigte asook vernuwende landbou.  

Produsente wat betrokke is by presisieboerdery raklende graan, lewendehawe en varsprodukte sal teenwoordig wees om hulle ervarings te deel terwyl verskaffers hulle produkte met die nuutste instrumente en tegnologie sal uitstal.

Die kongres val ook saam met die begin van twee landbouprogramme wat op die Potchefstroomkampus in 2019 aangebied word naamlik BSc (Agric) in Landbou-ekonomie en Agronomie asook ‘n BSc (Agric) in Agronomie en Grondkunde.


Vir enige navrae skakel asseblief:

Prof. Huib van Hamburg

Carina van der Merwe