Senwes bedien van plaashek tot meuldeur





Senwes vier 110 jaar

Mei 2019

Senwes se wortels is stewig in die landbou geanker. Die maatskappy spog met ’n ryk en trotse geskiedenis wat oor 110 jaar strek.

LAAI DIE PDF AF 
Meer oor Senwes
Senwes se groep van maatskappye rus op drie pilare – finansiële en tegniese dienste, insetverskaffing en marktoegang. Die maatskappy se hoofbesigheidseenhede is bekend as Senwes Credit, Senwes Equipment en Senwes Grainlink. 

Senwes Credit bied ’n reeks eiesoortige en doeltreffende finansiële produkte aan produsente, soos produksielenings, maandrekeninge, langtermynkredietreëlings en huurkooptransaksies. Senwes Credit tref ook finansiële reëlings met afnemers van graan om oorbruggingsfinansiering te verskaf vir die bedryfskoste van hul ondernemings. Senwes Credit verskaf verder gespesialiseerde landbou-ekonomiese dienste soos uitvoerbaarheid- en lewensvatbaarheidstudies, finansiële plaasbestuursprogramme, prestasie- en tegniese ontledings en vergelykings.

Senwes Equipment is ’n landboutoerusting- en dienstevennoot wat meganisasie- en instandhoudingsoplossings bied. Die besigheidseenheid is ook die eksklusiewe John Deere-agent in die sentrale deel van Suid-Afrika. Senwes Equipment staan produsente by met oplossingsgedrewe dienste om hul wins te verhoog en hul produksiekoste so laag as moontlik te hou.

Senwes Grainlink spesialiseer in die hantering en opberging van graan en oliesade en is geposisioneer tussen die produsent en die afnemer. Dié afdeling hanteer graan op ’n gesentraliseerde basis, hoewel die verkrygingsaksie gedesentraliseer is. Danksy produsentspesifieke kontrakte en verhandelingsoplossings kan die produsent sy oes optimaliseer vanweë die beskikbaarheid van uitgebreide prysbepalingsprodukte en -strategieë. 

Die maatskappy se wortels is stewig in die landbou geanker en daar word hard gewerk aan volhoubare oplossings vir klante, wat die hart van die maatskappy
simboliseer.