Landbouskrywers SA se toekennings

  • 18 November 2019
  • 2902
  • press-release



Nick Serfontein van die Vrystaat is aangewys as die Boer van die Jaar, Buks Nel van die Wes-Kaap is die Landboukundige van die Jaar en Dirk Louw van die Noord-Kaap is die Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou van die Jaar.

Liza Bohlmann, nasionale voorsitter van die assosiasie, het tydens die glansgeleentheid op 15 November in Pretoria waar die wenners aangewys is, gesê sonder ’n florerende landboubedryf wat ’n integrale deel van ons ekonomie vorm sou ons nie as ’n samelewing of ’n land met beleggingswaarde kon funksioneer nie.

“Vanaand is egter meer as bloot net ’n viering van uitnemendheid. Dit erken ook die belangrike rol wat landbou in elke mens se lewe vervul. Ons oorlewing as ’n spesie hang af van die kundigheid, durf en vasberadenheid van ons groot en klein boere sowel as hulle plaaswerkers om in die bedryf te bly en dit suksesvol te vermag.

“Ons erken ook die rol van die mans en dames wat genomineer is as landboukundiges van die jaar. Met hulle ondersteuning kan die stryd om oorlewing voortgaan.
“Dit is ons lede se voorreg om verslag te kan doen oor die helde van landbou.”

Die wenners:

Nick Serfontein – Landbouskrywers SA Boer van die Jaar 2019

Nick Serfontein is die voorsitter van die Sernick-groep, ’n diverse landbou-onderneming wat die hele waardeketting van hulle produkte besit, van die plaashek tot op die vebruikers se bord. Die Sernick-groep se sake-afdelings is by Edenville en Kroonstad in die Vrystaat, en die onderneming bestaan onder meer uit ’n Bonsmarastoetery, ’n voerfabriek, ’n voerkraal en ontbeningsfasiliteit.  met hulle abattoir en deli wat op Kroonstad bedryf word.

Die groep verskaf werk aan 615 mense en die ekonomiese impak van hulle bedrywighede word op sowat R2, 37 miljard per jaar geskat. Serfontein het ook gedien op pres. Cyril Ramaphosa se adviespaneel vir grondhervorming.


Dirk Louw – Landbouskrywers SA Nuwe Toetreder tot Komersiele Landbou 2019


Dirk Louw bedryf sy boerdery-onderneming, Silver Moon Investments, in die distrik Groblershoop. Hy is verlede jaar as Raisins SA se Opkomende Boer van die Jaar aangewys.

Louw boer tans op 68 ha, waarvan hy 21 ha huur. Dit bestaan uit 30 ha droogdruifwingerd, 1 ha wyndruifwingerd, 24 ha pekanneutbome en 14 ha wisselbougewasse. Hy hou ook Dorpers en Meatmasters aan. Rosyne is die sterkste vertakking van die boerdery, en Louw het vanjaar ’n rekordoes van meer as 200 ton gehad. Die meeste daarvan word na die Midde-Ooste uitgevoer.

Buks Nel – Landbouskrywers SA Landboukundige van die Jaar 2019

Hoewel Buks ’n bedryfs en internasionale erkende kundige van geïntegreerde pesbeheer is, het hy hom toegespits op die ontwikkeling van nuwe en verbeterde kultivars by Tru-Cape.
Hy is tans die nuwe varieteit spesialis by Tru-Cape, waar hy sedert die maatskappy se stiting in 2001 werksaam is.

Na baie jare se loop deur boorde het Buks ook die planttelingsregte vir die verbeterde Gala, Fuji, Bigbucks en Fuji Royal appelvariteite ontvang.

Te midde van sy strew ena dit wat nuut is, het hy ook ’n reusebydrae gemaak om ou appel en peer variteite te behou. Hy (en sy kollega Henk Griessel) het onder meer gehelp om die eerste appel wat in die Kaap gepluk is te vind.

MEDIA TOEKENNINGS

Lede van Landbouskrywers SA is ook tydens die geleentheid vereer vir hulle rol en bydrae om kwessies en sake van belang aan die landbousektor te kommunikeer.

Die wenners in die onderskeie kompetisies is:

CropLife SA Gewasbeskermings-artikel toekenning
:
Lloyd Philips

FNB Kommunikeerder van die Jaar toekenning
:
1. Werner Scholtz
2. Lloyd Philips
3. Charl van Rooyen

BKB Fotokompetisie:
Landboufotograaf van die Jaar: Charl van Rooyen
Landboufoto van die Jaar: Johan Norval

Bayer Tegniese-artikel toekenning:
1. Petru Fourie
2. Lindi Botha
3. Ursula Human

Santam Landbou Boer van die Jaar beste blootstelling toekenning:
Johan van der Merwe

-EINDE-

Uitgereik namens Landbouskrywers SA

Navrae:

Liza Bohlmann – Nasionale Voorsitter van Landbouskrywers SA
Selfoon: +27 72 209 3584
Tel: +27 12 485 9376
liza.bohlmann@landbou.com

Magda du Toit – Voorsitter Landbouskrywers SA Noordstreek
Selfoon: +27 82 388 0187
Tel: +27 11 790 8254
magda.dutoit@bayer.com