Senwes en SGS vat hande




S GS is die wêreld se grootste verifikasie-, toets- en sertifiseringsorganisasie. SGS is in 1978 gestig en word erken as die organisasie met die hoogste standaarde van kundigheid, kwaliteit en integriteit, wêreldwyd. Met meer as 70 jaar se ondervinding in die landbousektor, lewer SGS ’n breë spektrum van onafhanklike en kwaliteit dienste aan sy klante. Senwes Groep HUB, Francois Strydom, sê dat die samewerking deel vorm van die maatskappy se strewe na innoverende oplossings. “Hierdie inisiatief stel Senwes in staat om die beste advies en oplossings aan sy klante te bied met betrekking tot onafhanklike agronomiese adviesdienste.” Cobus Burger, Besigheidsbestuurder: SGS - Presisieboerderydienste voeg by: “Ons is opgewonde om ’n vennootskap te sluit met een van die land se voorste landboubesighede en terselfdertyd ’n diens te lewer wat potensieel kan lei tot verhoogde volhoubaarheid van jou oesproduksie. Senwes het nuwe grond gebreek op baie tegnologiese landbougebiede en dit maak goeie besigheidsin vir SGS en Senwes om hande te vat.”

Senwes klante sal, deur hierdie vennootskap, voordeel trek uit spesialiteitsdienste soos:

  • Oesinspeksies
  • Blaarvoedingaanbevelings
  • Grondprofielinspeksies
  • Bestuur van grondvrugbaarheids- en kunsmisaanbevelings
  • Veranderlike kunsmis- en plantdigtheidskaarte, voorberei op die basis van voorafopgestelde grond- en opbrengsdoelwitte
  • Voedingstofindeks satelliet- en hommeltuigbeelde wat die samestelling van voedingstof-indekskaarte fasiliteer
  • Grondtipe- en/of grondchemiese kaarte vir doeleindes van statistiese analise.

Senwes sal op sy beurt die klant in staat stel om toegang te verkry tot en gebruik te maak van:

  • n Presisietoepassing - ’n webgebaseerde dataplatform wat toegang verleen tot alle inligting op die plaas; virtuele konsultasie en ’n produksiekalender. Die “Track me” eienskap sal die Senwes klant in staat stel om data per geografiese verwysingspunt te bekom en navraag daaroor te doen
  • Grondklassifikasie en risikobestuur
  • Grond-, blaar- en wateranalise
  • Evaluering van ekonomiese lewensvatbaarheid van landbougrond
  • Natuurlik gekoppel met toepaslike krediet- en ander oplossings volgens die behoefte van die klant.

Vir meer inligting of versoeke om onderhoude, kontak: Etienne Nel: 083 298 1553 Ian Bothma (SGS NviroCrop Gebiedsbestuurder) Ian.Bothma@ sgs.com of Cell: 082 904 4110