Senwes is gereed om te dien tydens die 21-dae nasionale staat van inperking

  • 02 April 2020
  • 3412
  • persverklaring



President Cyril Ramaphosa het op 23 Maart 2020, aangekondig dat 'n nasionale staat van inperking op Suid-Afrika toegepas sal word, wat om middernag op 26 Maart 2020 'n aanvang geneem het neem.

Die president het aangedui dat sekere bedrywe as noodsaaklik beskou sal word en dat hierdie bedrywe operasioneel sal bly vir die volle duur van die staat van inperking. Maatskappye betrokke in die produksie, verspreiding en verskaffing van voedsel en basiese goedere, noodsaaklike bankdienste, die instandhouding van krag, water en telekommunikasiedienste, laboratoriumdienste en die verskaffing van mediese en higiëneprodukte maak deel uit van hierdie noodsaaklike dienste en sal dus ononderbroke voortgaan.

Voedselsekuriteit, te midde hierdie COVID-19 wêreldwye pandemie, bly krities vir die oorlewing en welstand van alle Suid-Afrikaners. Die Senwes Groep, (wat bestaan uit Senwes, Senwes Equipment, Staalmeester, Falcon, JD Implemente, Hinterland, Hinterland Fuels, KLK Landbou, Bastion, Senwes Graanmakelaars, Tradevantage, Grainovation en Certisure) sal voortgaan om sy deel te doen om kontinuïteit van die voedselwaardeketting te verseker deur operasioneel te bly. Normale werksure sal gehandhaaf word regdeur die besigheid, met uitsondering van Hinterland, Senwes se kleinhandelsvennoot, wat slegs besigheid sal bedryf op weeksdae tussen 08:00 en 15:00.

Ons personeel bly ons eerste prioriteit tydens hierdie periode en, in die lig daarvan, wil ons die algemene publiek verseker dat die nodige voorsorgmaatreëls in plek is om hul veiligheid te verseker. Die meeste van ons werknemers sal van die huis af werk en diegene wat wel op kantoor is, sal in isolasie besigheid bedryf.

Bly asseblief veilig, pas uself op en ons plaas ons vertroue in God, ons Verlosser.

EINDE

Navrae: Francois Strydom
Groep Hoof Uitvoerende Beampte
Tel: +27 18 464 7115
francois.strydom@senwes.co.za
www.senwes.co.za