Senwes presteer goed in Covid-jaar

  • 04 Desember 2020
  • 1854
  • persverklaring



Kontantvloei gegenereer uit bedryfsaktiwiteite beloop R440m - 29,8% hoër as die R339m wat gedurende die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar gegenereer is.

‘n Wins toeskryfbaar aan normale ekwiteitshouers van R281m is vir die eerste ses maande geëindig 31 Oktober 2020 aangeteken - 'n 67,3% verhoging vanaf R168m vir die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar.

“Die eerste ses maande van 2020 sal altyd met die Covid-19 pandemie vereenselwig word, terwyl lae oordragvoorraadvlakke, laat aanplantings, oormatige reënval in April 2020 en die swak kwaliteit van graan soos wat die seisoen verloop het op Senwes Groep-vlak ‘n beduidende impak gehad het. Ondanks hierdie faktore, het die Senwes Groep beter presteer as wat aanvanklik verwag is. Die prestasie van die landboutoerustingsbesigheid het verbeter teenoor die vorige jaar, met 'n verhoging in totale omset van 74% vir die jaar tot op datum. Die groter oes, tesame met die aansienlik hoër kommoditeitspryse, laer rentekoerse en goeie vooruitsigte vir die komende seisoen, het 'n positiewe impak op hierdie mark gehad,“ sê Francois Strydom, Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte.

Ander hoogtepunte is 'n interim dividendverklaring van 32 sent per aandeel (2019: 30s/aandeel), terwyl die netto batewaarde van die groep met 12,4% verhoog het na R16,3 per aandeel. Wesensverdienste per aandeel van 164,1 sent is gelewer vir die eerste ses maande, wat 65% hoër is as die 99,7 sent/aandeel vir die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar.

Vooruitsigte
“Weens die ontbondeling van die gesamentlike kleinhandelsbesigheid met Afgri, Hinterland, die konsolidasie met Suidwes, wat teen Januarie 2021 op die laatste afgehandel sal wees, sowel as die vinniger as verwagte herstel van besighede in die portefeulje na die verslapping van die Covid-19 maatreëls, behoort die momentum voort te duur vir die volgende ses maande,” volgens Strydom.

“Voeg daarby 'n normale tot bo-normale landbousiklus vir die somergraangebiede, en die Senwes Groep behoort goeie resultate teen 30 April 2021 af te lewer. Dit word egter voorsien dat opwaartse druk op kommoditeitspryse en die beskikbaarheid van kwaliteit witmielieprodukte gedurende die laaste kwartaal van die finansiële jaar sal verhoog,” sê Corné Kruger, Senwes Groep Hoof Finansiële Beampte.

EINDE
Navrae: Francois Strydom
Groep Hoof Uitvoerende Beampte
Tel: +27 18 464 7115
francois.strydom@senwes.co.za
www.senwes.co.za