Skenk mielies, kry saad en ondersteun jou gemeenskap

  • 03 Julie 2020
  • 2255
  • persverklaring



In antwoord op die beroep deur Agbiz om voedselsekuriteit te midde Covid-19 te verseker, het Senwes derhalwe in Meimaand die AVC Food Umbrella-inisiatief geloods, wat hande vat met landboubesighede en rolspelers in die waardeketting om terug te ploeg in gemeenskappe waarin besigheid bedryf word. Die inisiatief het ten doel om 5 miljoen mense te voed en word gedoen deur die uitdeel van 5kg sakke mieliemeel.

“'n Beroep word op produsente gedoen wat boer in gemeenskappe wat by hierdie inisiatief sal baat vind, om 'n paar ton van hul oes aan hierdie verdienstelike saak te skenk,” aldus Francois Strydom, Senwes Groep HUB.

Hoe werk die AVC Food Umbrella?
Wanneer produsente skenkings aan die AVC Food Umbrella-rekening maak, ontvang, hanteer en berg Senwes Grainlink se silo's die mielies. Vandaar borg Grainovation, Senwes se logistieke filiaal, die vervoer van die mielies vanaf die silo na die meule. Die meulens maal en verpak weer die mieliemeel gratis, waarna Senwes die verspreiding van die mieliemeel na ouetehuise, voedselskemas en plaasskole fasiliteer.

Hoe kan ek betrokke raak?
Maak 'n bydrae tot hierdie saak deur witmielies te lewer by enige Senwes Grainlink silo op leweringsnommer 418688. Bydraes in die vorm van ander kommoditeite kan gemaak word deur na die ‘AVC Food Umbrella’ webtuiste te gaan by www.senwes.co.za/avc-food-umbrella en dit daar in te lees. Die rekeningbesonderhede vir kontantskenkings is as volg:

Rekeninghouer: THOBO TRUST
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 4082869226
Taknaam: Kerkstr. Klerksdorp
Takkode: 334338

Kry ‘n sak DEKALB saad vir elke twee ton gelewer
Senwes, Bayer en Graan SA het ook kragte saamgespan en gee produsente nou een sak DEKALB saad (kultivar van jou keuse) vir elke 2 ton wit-/geelmielies wat op leweringsnommer 418688 geskenk word, komplimente van Bayer. Produsente kan soveel mielies skenk as wat hulle wil, hoewel die meevaller vanaf Bayer beperk word tot 'n maksimum van 5 sakke DEKALB saad vir 10 ton mielies gelewer, per produsent. Die aanbod sal ten einde loop wanneer die limiet van 2,250 sakke bereik word of teen die verstrykingsdatum van 15 September 2020, watter een ook al eerste plaasvind.

E-pos die bewys van lewering aan die AVC Food Umbrella 418688-rekening (met vermelding van die tonnemaat) aan Christa Herbst by christa.herbst@grainsa.co.za


Navrae:
Johan Le Grange (Jnr)